In 2001 het ek my werk as IT konsultant verloor en het gewonder wat hou die toekoms vir my in. My pa is ‘n ywerige tuinier en ek was altyd geinteresseerd in die botaniese. Dus was dit net ‘n kwessie van tyd voordat ek in my pa se voetspore gevolg het.
Vir die afgelope 15 jaar het ek in Europa rondgetrek en ervaar wat dit is om ‘n vreemdeling in ‘n nuwe land te wees met ‘n vreemde kultuur en taal. Terwyl ek in Frankryk gewoon het, het ek self op ‘n keer probeer om ‘n paar bome af te kap. Dit was ‘n groot gesukkel wat my op die ou end duur gekos het, en ek moes nog die rommel wegry !
|
|
Daarom wil ek nou my dienste aanbied aan almal wat hiermee kan identifiseer.
Ek het maar ‘n nederige begin gehad, hier en daar gras gesny en plante geplant. Stadigaan het ek al hoe meer en meer werk gekry in en om Waterloo en Brussels, mense het mekaar begin vertel van my en my werk, en toe was dit nie net die plante wat begin groei het nie! Vir my is daar niks beter as dat mense vir hulle vriende en familie vertel van jou werk nie, dit is die beste aanbeveling wat mens kan kry.
Ek het nou reeds oor die 16 tuinkontrakte wat varieer van grassny tot weeklikse instandhouding.
Gedurende die besige somermaande neem ek ook ekstra werkers in diens om te help.
|
|